Etiket: leer

Eksamen- wats dit nou weer?

My wit BMW staan lui onder die Jakaranda wat haar vol pers glibberige blommetjies versier het.  Sy lyk so ampertjies verlydelik terwyl sy soos ‘n bruid daar onder al die blommetjies staan en wag tot ek weet die pers blommetjies so een een in die wind laat af waai.  Pers.  Die hele wêreld is pers die tyd van die jaar.  Soos ‘n groot blou kol na die winder wat geleidelik gesond word.  Maak ons reg vir die somer en die persigheid kondig Moederaarde se sweterige seisoen aan.  Maar nes alle studente weet kondig dit ook die eind eksamens aan. 

(SUG….) Eksamens is maar crap.  Wie wil nou op sonnige (of renirige in Pta) dae vir ure voor die boeke sit.  Wie wil nou eintlik elke bladsy annaliseer en die sige van jou prof. verstaan sodat jy net sekere werk leer?  Natuurlik wil ek mos baie eerder met ‘n groot sonhoed buite stap en in die warm son my lyf soos ‘n akkedis warm bak.  

Dis eintlik vreemd want tydens ‘n eksamen voel dit of ek myself dood swot maar na die tyd weet ek ek kon baie meer geswot het.  Maar hey as jy 51% kry het jy te hard geswot en as jy 52% kry het jy jou vriende afgeskeep. Haha…  Jy wonder nou seker waarom ek die hele pers gedeelte so beklemtoon het en die waarheid is… ek het gin idee nie.  Dink dis omdat ek enige iets tans sal doen om nie te swot nie.  Dis snaaks tydens eksamens kom ek agter hoe deurmekaar my klere is, hoe ek eintlik iets wil restoreer.  Hoe ek wil koekies bak en hoe my boekrak eweskielik nuwe skatte oplewer.  Ja, enige iets om nie ‘n “pliggie” te wees en te swot nie.  ENIGE IETS. 

Ek bied aan om mense rond te ry, ek bied aan om melk en brood te kry, my niggie by die skool te gaan haal en tee te maak vir my oupa. En dan natuurlik om onbenullighede uit te dink soos waarom dinge pers is.  

Dan eweskielik (soos ek seker is jy weet) is dit sondag aand en jy’t nog nie geleer vir more se eksamen nie.  Vir die hoeveelste keer kan jy jouself skop want waarom het jy nie vroeër begin nie.  Maar Maandag na die toets besef jy jou klere kas is perfek georganiseer, jy het daai boek oor Israel en Palestiena gelees, al jou niggie se hoërskool geheime gehoor en dit alles terwyl jy 50% op jou toets kry.  

Ek dink dis die verkeerde tyd vir my om dit te besef en ek moet dit seker nie vir julle sê nie maar 50% is genoeg.  Die boeke, die stories van my oupa en om ekstra klere vir arm kinders te skenk beteken veel meer vir my en ek leer ook baie meer by die allerdaagse dinge.  So my punt is, wie gee om wanneer jy begin.  Begin net, slaag en maak vrye tyd om dinge wat jy nie normaal weg voor tyd kry te doen.