Is ‘n regverdige Suid-Afrika realisties?

 

Is ‘n regverdige Suid-Afrika realisties?

Suid-Afrika staan vandag nog bekend as die land wat rasse apartheid in wetgewing vasgelê het en die letsels is onmiskenbaar. Die buiteland ken die woord “apartheid” en dit word natuurlik aan ons land gekoppel maar is ‘n regverdige bestel realisties in ‘n land wat steeds in sommige aspekte in die verlede lewe? Ons geskiedenis vertel van verskeie mags twiste. Van die Boere-oorlog deur tot by die verset teen apartheid was daar konflik a.g.v die soeke na mag en vryheid. Ons het al ‘n ver pad gestap maar is dit genoeg? Is ‘n regverdige, onrassistiese beleid in Suid-Afrika realisties? Ek sal kyk na die erfenisjare wat bewys dat Suid-Afrika nooit waarlik regverdig sal kan wees a.g.v ons gesindheid, dat dit in baie aspekte ‘n ideologie en onrealisties. Dit spyt my om so ‘n stelling te maak en ek weet dit is kontroversieël in baie opsigte. Ek is egter nie vooroordeelend of enigsins negatief nie. Lees, en besluit self of demokrasie werklik moontlik is in ons land. Die feit is, “a wrong does not make a right” en daarom vind ons tot vandag nog die gevolge van ons vorige wetgewing.

Die oorsprong van apartheid kan eintlik terug gevoer word na 1562 toe Van Riebeeck in die Kaap geanker het. Wêreldwyd was dit algemeen aanvaar dat die swart rasse minder gevorderd en dus minderwaardig is aan die blanke. So het dit stadig maar seker gevorder tot in die dertigs toe segregasie in plek gestel was. Swartes was ‘n komoditeit wat vrylik beskikbaar was en wat rykdom vir die blankes beteken het.

Die feit dat swartes nie kon stem behalwe as hul “beskaafd” was het in die 1900’s ‘n mes tussen die blankes en swartes gesteek. Segregasie was die voorloper van apartheid wat ‘n groot invloed op ons land vandag het. Maar onthou baie van die vorige beleide is a.g.v ander internasionale tendense daar gestel. Nes soos die swartes hier teen gediskrimineer is was die indiane in Amerika die slagoffers daar. Teen 1948 toe apartheid in werking gestel is en strenger wette op geskryf is het dit eers waarlik begin om internasionale aandag te trek. Apartheid se wette was streng en dit is van nature so dat as mense onderdruk word of onregverdig behandel word hul in opstand kom, die geskiedenis het ons al talle kere dit bewys.

Beperkende wette soos die paswet en die Groepsgebiedewet van 1950 het veroorsaak dat mense woede begin opgaar het. Ons sien dat die mense gelydelik iets hieraan begin doen het met die Vryheidsmanifes in 1955 asook vele opstande. Onthou, almal doen wat vir hul die beste is. Die Np het geweet hul moet aan bewind bly anders sal hul, as die minderheid, verswelg word deur die ANC, wat die meerderheid verteenwoordig.

Tydens die referendum in 1992 was die land chaoties. Dis nodig om te onthou mense se vasgestelde idees verander nie sommer maklik nie. Veral in ‘n land soos Suid-Afrika wat ongelooflik divers is, is dit onmoontlik om almal gelukkig te hou. As ons kyk na al die eerste wêreld lande het hul een ding in gemeen, amper al die mense glo min of meer dieselfde, praat dieselfde taal en het paralelle waardes. Op plekke waar dit nie die geval is nie is daar altyd interne konflik in Suid-Afrika is dit ook die geval. Tog is ek trots om te sê ons hanteer dit goed.

Dit is baie ingewikkeld om in ‘n diverse land soos ons sin wette op te stel wat alle kulture en mense eer en respekteer. Dit is moeilik vir die een kultuurgroep om die ander te verstaan en die onkunde vang ons vas en hou ons vandag nog as gevangenisse aan. Kotastelsels vandag word ingestel om die swartes op alle terreine te bevorder maar in dieselfde asem word geleenthede dan van ander kulture soos die blankes en selfs die indiërs af weg geneem. Die feit is “a wrong does not make a rigth” en daar gaan nie vandag teen die blankes op getree kan word nie want meeste van hul was in elk geval nie die oortreders nie. Tog gebeur dit.

Alhoewel ons een van die mees gevorderde grondwette in die wêreld het word daar op vele gronde streeds gediskrimineer. Dit is soos ‘n groot veldbrand. Die een generasie vertel die verhale van die voriges en in ‘n mate oortuig hul daai generasie van al die verkeerd wat teen hul gedoen is. Dan word dinge of op apartheid of op die nuwe regering geblameer. Die enigste uitweg is om op die toekoms te fokus. Geskiedenis kan nie vergeet word nie maar daar kan op oplossing gefokus word maar in ‘n land soos ons sin is dit onmoontlik om alle kulture te verstaan. Ek glo dis idialisties om van ‘n regverdige RSA, nou te praat. Al die 11tale in ons land het 11 verskillende maniere van dinge doen en die ander 10 gaan nie saam stem oor die metode nie. Maar ons kan streef na vrede. Deur mekaar te aanvaar is die enigste uitweg. Ek dink egter nie apartheid het aleenlik veroorsaak dat ons vandag sukkel om mekaar te verstaan nie – dis natuurlik. Ons is divers geskape vir ‘n rede, kom ons aanvaar mekaar net eerder hoe ons is. Ons gaan nooit kan saamstem oor alles nie, aanvaar dit. Daar is ‘n rede hoekom ons die reënboognasie genoem word. ONS IS VERSKILLEND maar saamgesnoer.

~ deur carlaventer op Junie 21, 2010.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: