Ek bid en huil vir my land

Ek sit vanaand in ‘n ander land en huil.  Ek sidder om te dink wat mense met woede in hul harte doen en bereid is om te doen. 

Eks bang, nie vir my eie lewe nie maar vir my toekoms in die land wat my hart in die rooi Afrika-grond begrawe het.  Hoe draai ek weg daarvan?  Ek is 20 maar vanaand voel ek baie ouer.  Ek bekommer my oor my kinders se toekoms in die land wat ek innerlik lief het.  Ek wens ek kon die pessimiste in ons land met ‘n slim opmerking stilmaak maar watter redenasie het ek?  Dat ek lief is vir my land?  Dat ek glo ons kan dinge oorkom?  En as dit stilraak soos nou, hier voor my rekenaar, 12h op ‘n Donderdag aand wonder ek…  Is ek nie te idealisties nie?  Moet ek nie ook, soos my ouers my hartshuis verlaat nie?  My hart skree onomwonde nee maar my verstand…hy mymer iets anders. 

Ek is moeg om te dink ons beweeg vorentoe en dan verpletter te word deur mense wat die rassekaart in my en my generasie se gesig gooi.  Ja, ek kies verpletter.  As ek met geskoolde swart vriende praat dink hul ook Malema is ‘n uiterse idioot.  Maar die frustasie binne my kook oor en weer wil ek weet “nou hoekom doen niemand iets nie”? 

Ek huil vanaand van moedeloosheid, ek huil van frustrasie, ek huil vir vriende wat familie verloor het aan plaasmoorde, ek huil vir my land.  Maar ek huil die meeste vir my generasie.  ‘n Generasie wat niks te doen gehad het met die ‘struggle’ nie.  ‘n Generasie wat vreedsaam wil lewe maar die klein handjievol wat beïnvloedbaar is deur leiers soos Malema, dis die goed wat my bang maak. 

Ek wil nie in ‘n ander land woon nie.  As opkomende joernalis wil ek hier stories doen want dit lê tog so naby aan my hart.  Maar my oorlewingsmeganisme skop in.  Die meganisme wat soos ‘n luidspreker vir my skree dat ek as individu geen seggenskap het nie.  Want wat tans gebeur is NIE demokrasie nie.  Vandag was nog ‘n swart dag in my land se geskiedenis.  Suid-Afrika ‘brag’ oor ons vryepers.  Tog het ‘n leier die vermetelheid om ‘n joernalis te vloek en uit te jaag agv die feit dat hy ‘n vraag vra wat Malema ongemaklik maak.  Hoe verduidelik ek dit? Hoe is dit regverdig?

Vanaand gaan ek maar net weer bid vir my land, vir my mense, vir my familie, vir my toekoms en vir my generasie.  Want die ouballies gaan niks doen nie julle.  Ons moet iets doen.  Ons moet dit duidelik maak dat ons as opkomende leiers van die land niks minder as regverdigheid verwag nie.  Skies vir die somber toon maar ek is seker jy voel ook so.  Ook moeg en frustreerd en gatvol.  Mag Jahweh sy hand oor ons hou…. Vrede

~ deur carlaventer op April 8, 2010.

7 Responses to “Ek bid en huil vir my land”

  1. Dit is vir julle, die jeug van ons land, wat oopkop kan dink, wat Suid-Afrika nodig het. Die ouer garde is te vasgedraai in die verlede en die sondes van die vaders. Die jong mense, ongeag kleur, sal moet hande vat en saam ons land red. Moenie jou lewe anderland gaan maak nie.

  2. Ek stem 100% saam met Anne-Marie. Julle kan die verskil maak so kom doen dit, en moet nie ophou bid nie!

  3. Carla, ek huil ook. Ons moet werk, al werk ons ons hande stompies, om hierdie land ‘n vreedsame, gelukkige plek vir ons kinders van alle kleure te maak.

    Ek was bitter moedeloos tot ek op die Green Skin groep afgekom het op Facebook. Ek weet nog nie presies wat hulle gaan doen nie, maar dis ten minste ‘n groep vir Suid-Afrikaners wat versoening en nie-rassigheid voorstaan… en hulle het in minder as 72 uur 20,000 mense sterk gewerk.

    Ons is nie alleen nie. Ek ons hoop-stemmetjies klink dalk nou feeble, maar as ons almal saam kan praat… dalk.

    • Jip jy’s reg Cara. Darm is ek eintlik ‘n optimis so ek kan nie anders as om possitief oor die land te wees nie!!! Dis lekker om te weet ek staan nie aleen nie…

  4. Ai, Carla, wat kan ek sê? Miskien nie my eie woorde nie, maar die woorde van ‘n liedjie wat iemand my in die vroeë ’90s geleer het, toe ek ook oor die toekoms bekommerd was.

    We lift up our eyes/ above the trouble in this land/ and declare You our King.
    Father we declare that we love you/ we declare our everlasting love for you/ Father we declare that we love you/ we declare our everlasting love for you

    In daardie tyd het gesamentlike gebed gehelp, dit kan weer…

    • Dankie Retha. Die sondag in die kerk het almal gelyktydig die Onse Vader gebid en dit was die eerste werklike gerustelling wat ek in weke gehad het. En jy’s reg. Ons kan net bid. Dankie vir jou aanmerkings!!!!

  5. Cool. Ja ek stem saam, ons moet saambid en nie moed verloor nie.

    Dit is vir my ook gerusstellend om te weet dat julle in die 90’s bekommerd was, en toe gebid het en gewerk het. Ons kan terugkyk na daardie tyd en weet ons kan help om ‘n positiewe verskil te maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: