Prostitute- die waarheid maak seer

Ek moes ‘n storie doen so ‘n ruk terug en het besluit om prostitute te interview.  Ek wou weet of hul dit uit dwang doen of uit keuse, ek wou weet hoe hul dit beleef en of dit allerdaagse vrouens is wat nes ek en jy hul job doen.  Hier is my storie daaroor.

Prostitute-Die waarheid maak seer

Haar rooi lipstiffie bly agter op die koppie cappacino wat sy rustig drink terwyl sy ‘n “Fine Cut Menthol” sigaret tussen haar lang vingers met die bloed rooi naels vashou.  Haar rompie wat met elke teug van die sigaret hoër trek en hoe sy deur dik wimpers na my loer en die geheime van haar wêreld met my deel sonder die geringste teken van skuldgevoelens.  Dit is wat ek verwag het toe ek besluit het om met ‘n prostituut ‘n onderhoud te voer.  Maar vandag kyk ek verbly die fisiese aspekte hiervan en vertel hoe ek dit beleef het.

 Toe Zandalee die foon optel word ek onkant gevang, ek het ’n ouer meer misterieuse stem verwag maar die stem wat my groet is die van ’n jong Afrikaanse meisie.  Zandalee se advertensie op die internet het my aandag getrek.  Haar rooi hare en maer lyfie sou menigde man mal maak maar die feit dat sy jagnaweke as een van haar “specialities“ genoem het het my geboei?  Jagnaweke? Wat meen sy? Nadat ek vir haar verduidelik het wie ek is, wat ek doen en hoekom ek met haar wil praat het sy huiwerig gesê “sjoe, ai ek sal daaroor moet dink daar’s baie mense wat my ken jy weet.“ Maar sy’t toe gedink en besluit sy sal met my praat en ons eerste ontmoeting sou Dinsdag middag 15:00 wees.  Oppad na ons afgespreekte ontmoetingspunt bel ek net om seker te maak sy’s ook oppad, net om uit te vind haar kar het gebreek maar dit sal more oggend vroeg reg wees so ons herskeduleer toe vir Woensdag 11:00. 

Die bekende koffie plekkie in Hatfield is privaat en stil op ’n Woensdag oggend.  Die koerante word een vir een deur gewerk terwyl daar gewag word vir Zandalee.   Teen 12:00 bel ek net om uit te vind haar kar is nog nie reg nie en haar krag is af so sy weier om so uit die huis te gaan.  “Ek wil jou nie rond shuntie maar ek sal laat weet as my krag aan is dalk kan jy my dan sommer kom oplaai vir ’n koffietjie.“ 

Fannaties word daar na ’n plan B gesoek en ek bel Linda (“21j, Blonde Boere-atleet. Prettig Pta-Oos“) wat sê sy sal daaroor dink maar vyf minute later sms sy en sê sy kan ongelukkig geen onderhoude toestaan want nie.  (Haar ‘baas‘ laat dit nie toe nie).  So word Maritza (“terug op aanvraag“), Sasha (“25j, 24/7, warm brunet, Hatfield“), Debbie (“blond, 1,62m, 50kg. Privaat, Diskreet) geskakel maar almal wys dit van die hand. 

So kom ek by Hantie uit wat wil weet hoekom ek nou eers wakker skrik maar wat my sal sien “…vir twee cokes en ‘n pie” maar toe ek ‘n halfuur later terug bel om ‘n tyd vas te stel is haar foon af.  Haar foon is nou nog af. 

Alicia (“19jr, klein, pragtig, stylvol en privaat“) se stem is nog ryp van jeugdelikheid en ’n kleuter se gebabbel klink op aan die ander kant van die lyn.  Haar vriendelikheid en openlikheid is verrassend vir so ’n jong meisie maar sy is in Witbank en kom eers oor twee weke terug.  “Maar ek sal mal wees daaroor om met jou te praat, ek wil self nog eendag Joernalistiek swot“ sê sy terwyl die kleuter aan die ander kant van die lyn begin giggel en lag.  So word daar verder gesoek na ’n “lady of the night“ wat bereid is om haar kant van die storie te vertel.

Die laaste en langste advertensie blyk die wenner te wees.  ’n Paragraaf vol beskrywings staar terug na my maar die persoon blyk annoniem te wees.  “Stylvol“, “elegant“ en “diskreet“ is van die bevoeglikenaamwoorde wat verskyn.  Toe sy die foon antwoord hoor ek dadelik sy is ouer as die vorige vroue wat ek gebel het maar ek voel dadelik op my gemak toe sy my inlig sy wag al lank vir iemand soos ek en dat sy juis beoog om ’n boek oor haar “lyn van werk“ te skryf met die titel “Die waarheid maak seer“.  Vivian is 40 en het op die ouderdom van 36 begin om die “escort-ding te doen“.  Sy lig my in dat ek “moenie te veel geskok wees nie“ en dat sy my presies gaan sê hoe dit is: “ek is een van daai eerlike mense wat nie goed sugar coat nie“ sê sy met sekerheid.  Sy brei uit en vertel met smaak dat as sy geweet het wat sy nou weet sou sy al lankal dié werk begin doen het want dan sou sy kon gaan swot het.  Sy sê ook met sekerheid dat sy my presies kan vertel hoekom mans na vroue soos sy gaan.  Sy vra my weer hoekom ek besluit het om “ ’n prostituut te interview” en na my verduideliking word ek ‘n reeks vrae gevra soos wat is my sterreteken.  “Mmmm ja ek’t gedink jy’s ‘n virgo, ek leef nie my lewe volgens die sterre nie maar glo daar’s waarheid daarin.  Ek is ‘n Christen though…  O en solank jy met opregte bedoelings kom kan ons praat.”  Die lug gevul met afwagting  groet ons nadat ons besluit het om by die Dros in Hartebeespoort Donderdag oggend 10:30 te ontmoet want haar vennoot werk more en sy het die dag af. 

Vivian het gevra om haar op haar persoonlike nommer te bel as ek by die Dros is.  Ek tel dadelik die effens kortaf stemtoon op toe sy sê sy sal in ‘n halfuur daar probeer wees.  Maar ‘n uur later stuur Vivian ‘n sms: “Ek’s jammer, ek kan nie kom nie daar is klieënte oppad makit eerder oor ‘n naweek.(sic)”  Talle koerante, 97 km’s, drie verskillende onderhoud vraelyste en tientalle oproepe later is ek weer terug by struikelblok nommer een.  Ek’t nog nie ‘n onderhoud gevoer om die waarheid agter die bedryf vas te vang nie, ek’t nog nie die vrou gepersonifiseer sodat ons met haar kan vereenseldig nie.  Ek’t nog geen storie nie.

Ek besef dat die fisiese nie in “hul lyn van werk” die enigste komponent is om in aanmerking te neem wanneer jy hul werk ontleed nie maar dat die onstabiele lewenswyse ’n groot impak op hul het. Tog is daar dinge wat nie kan verander as ’n mens dit nie wil verander nie.  Beide Zandalee en Vivian het gesê hulle wil my en ander se idee van prostitute verander.  Maar handelinge praat duideliker as woorde en ongelukkig sien meeste van ons steeds die vrou met die rooi lippe en naels wat haar liggaam verkoop sonder skuldgevoelens.  Die vrou met die onstabiele lewe, die vrou wat beheer word en verneder word.   Die vrou met ’n storie wat vertel moet word maar wat wegskram.  Daar is ander vroue sonder die rooi lippe, selfstandige, sterk vroue, vroue wat afsprake nakom, vroue wat jou verras met hul intelligensie.  Vroue wat gepersonifiseer kan word en wat dit doen sonder dwang en drang.  Maar steeds wag ons om dié vrou se stem te hoor.

~ deur carlaventer op April 6, 2010.

One Response to “Prostitute- die waarheid maak seer”

  1. Carla, ek vind jou bereidheid om die waarheid te vind, en nie op vooropgestelde idees dinge te bekyk nie bewonderenswaardig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: