My ritme, my verf my alles

As jy een van die gelukkiges is om iemand te hê waarmee jy alles kan deel.  Wat saam jou deur die dik en dun tye gaan en wat dinge lekker maak.  Jy weet ook dalk nie meer hoe om “EK LIEF JOU” te sê dat dit nie net nog ‘n gesegte is nie.  Dan is die volgende stuk vir jou.  Daar is so iemand in my lewe.  Sy naam is Philip en saam met hom weet ek ek kan enige iets aandurf!!! Want eks nie verlief op hom nie, ek bemin hom nie, ek is innerlik en onsettend lief vir hom…

My ritme my verf my als

Dis vroeg oggend en my vingers volg al vanself die ritme van my sleutelbord.  Dit word een met jou reelmatige asemhaling langs my.  Met die klop van my hart wat bietjie base by sit.  Na ‘n naweek soos die een weet ek nie hoe enige iets dit kan oortref nie.  Ek het onnoembare plekke die naweek in jou oe gesien.  Elke sekonde iets nuuts ontdek of weer gewaar.  Jou oe is my speelraam wat my vir ure kan besighou. 

Na ‘n naweek so wonderlik soos die een glimlag ek vir myself.  My muse is terug.  Ek het al die tyd eintlik geweet waar sy is… syt al die tyd by jou gekuier.  Jyt haar verlei met jou lyf en woorde en sy’t verslaaf geword aan jou.  Elke greintjie van jou is haar volgende fix. 

Dit kom daarop neer dat jy my vingers, my lippe, heupe en gedagtes laat dans.  Daars geen gister net vandag en more en ons.   Geen wonder ek’t gesukkel om te skryf sonder jou nie. 

‘n Kunstenaar kan nie skilder sonder haar verf nie.  Met jou is als so maklik.  Ek meen die skryf, die dans die kuier die lag die vat die oe die als…  Die als. 

Ek wil skryf oor corny dinge ook, moet my nie verkeerd verstaan nie.  Ek wil skryf dat jou oe vir my ‘n venster is na my eie siel.  Ek wil skryf dat jou hande my hart versorg.  Jy maak my die kreatiewe lewenslustige Carla wat ek gemis het.   Maar het ek dit nie al vir jou gese nie?

Die verlede maak nie saak nie,  ek het jou gemis, my muse.  Vir jou.  Jy is my ritme.  Jy is die dans. Jy is my verf.  Niks het saak gemaak tot ek jou weer by my gehad het nie. 

Ek lief jou is nie kreatief genoeg nie, ek bemin jou is al gebruik.  Al wat oorbly is die wete in my en jou oe dat daar niemand en niks is wat ons tango weer kan versteur nie. 

Kreatief of te nie.  Ek lief jou

~ deur carlaventer op April 6, 2010.

2 Responses to “My ritme, my verf my alles”

  1. Ek het onlangs weer ontdek hoe om so oor my geliefde te voel. ‘n Gevoel wat toegewaai het onder die sand van misverstande en gewoond wees. Ek weet nou om dit weer te koester en ek dank na Bo dat dit nie weggewaai het in die Suidoostewinde en deur ander hande opgetel is nie. Maar dit was amper. Pas op en koester dit wat jy het.

    • Dankie ek sal!!! Ek het geleer dat liefde ‘n besluit ook is, maar dit moet ‘n besluit wees wat lekker is om te maak. Mag jou lewe vol liefde en vreugde wees!!! En dankie vir die kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: