Ek lag vir jou – so tussen deur die trane

My ooglede is swaar en my kop sak so tussen die tissues al weet ek die trane is verniet.  As ek maar net ‘n renoster was met ‘n dik vel sodat ek nie die prikkelende, alomteenwoordige pyn hoef te voel nie.  Ek skut my kop en haal eenkeer diep asem,die lug wat in my longe in stroom brand en ek verwelkom die pyn. 

Van my kruie tuin bly daar net stokkerige tiemie oor wat swak teen selfs die wintergras afsteek.  Die kruie tuin wat my gevoed en bemoedig het is verwoes. Die plante sommer so heel uit geruk en laggend rond gestrooi.  My kruie tuin van geluk is in vlarde.  Elke sarkastiese woord skroei my blare en elke leun vergiftig my grond.  Jy is my kruie tuin se grootste vyand.  Jy wat soms my wonde met jou eie kruie gesalf het.  Jy wat water aan my tuin gegee het.  Jy wat sonder om ‘n oog te knip soos ‘n orkaan daar deur is en met verwoesende spitefulheis daar regeer het. 

Bloed is dikker as water maar jy het my daarin laat twyfel.  Jy het my oortuig dat ek jou nie nodig het nie.  Die woede en haat in my maak my bang maar dit maak my sterker.  Ek het jou nie nodig nie.  Ek lag vir jou patetiese effort om onskuld te bewys.  Ek lag vir jou.  Ek lag vir jou.  Ek lag vir jou, so tussen deur die trane wat nou, sonder jou my tuin voed.

~ deur carlaventer op April 6, 2010.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: