Skulpin-kinderstorie

Hey julle.  Ek het begin om kinderstories te skryf.  Hier is een van vele.  Sê my bietjie wat jul dink!

 

Skulpin se stem

Jare en jare gelede, toe dinosorusse nog op die aarde amok gemaak het, feetjies nog op elke blom en blaar baljaar het en die see se sand nog skulpies was het die maan al oor alles lig gegee saans.  Hy’t die see sien groter word, die walvisse sien groei en die aarde mooi en vrugbaar sien word.  Orals op die maan se oppervlakte is van die aarde (en ander planete) se geheime geskryf, ver genoeg van die mens se oog af sodat ons nie te naby kyk nie.  Maar ek was gelukkig dat die maan nog ‚n storie vir my vertel het.  ’n Storie wat my ’n tikkie meer die see se klanke laat verstaan het.

 

Jare terug was daar ’n meermin wat onder die see gewoon het met die naam Skulpin.  Die see was soos een groot speelgrond vir haar.   Die krappe, krewe, visse en selfs haaie was haar maaitjies en daagliks het hul almal saam in die golwe gespeel want die golwe was Skulpin se gunsteling deel van die see.  As enige seedier hartseer of moeg was het sy hul met haar wonderlike stem getroos.  Sy’t ‘n stem helderder as kristal en mooier as voelesang gehad.  Haar liedjies het die see-lewe van huide en ver laat kom want elke een van haar liedjies het ‚n storie vertel.  Dit het die seediere in liefde laat glo want in haar liedjies het krappies en krefies verlief geraak en dolfyne en haaie beste maaitjies geword.  Dit het alles en almal laat glimlag maar almal was gelukkig behalwe Skulpin.  Sy wou altyd mooier gewees het, tog het dit nie vir enige iemand anders saak gemaak nie want haar stem het van binne af deur haar gegloei en haar net mooier vir aanskouers en luisteraars gemaak.  Haar stem was haar sening maar steeds het Skulpin met groen oe na die ander meerminne gekyk en gewens sy was so mooi.  Bedroef het sy op ‚n stormagtige dag na haar pa, die koning van die see gegaan en op haar kniee gesmeek dat hy haar mooier maak.  Hy kon natuurlik haar wens laat waar word maar hy was te lief vir haar en het geweet wat goed is vir haar.  Haar pa het haar oor en oor probeer oortuig dat sy uniek en pragtig is net soos wat sy is maar Skulpin was blind van jaloesie en het nie haar pa se woorde hart toe gevat nie. 

 

Skulpin se liedjies het van slegte goed begin vertel, van woede en oorlog en alles wat sleg en lelik is.  So geleidelik het sy haar maaitjies begin verloor want niemand wou met haar maatjies wees as sy so lelik is met hulle nie.  Haar pa het steeds met haar gepraat, haar gesmeek om haarself te aanvaar nes sy is maar sy wou nie.  En stadig maar seker het haar stem begin verdoof en het sy al hoe ongelukkiger geword.  Sy wou nie eers mee saam met die golwe speel nie.   Jare het verby geglip en Skulpin het net af en toe gesing.  ’n Pragtige meerman het van haar stem gehoor by ou verlore vriende van haar en haar kom besoek.  Dadelik het hy verlief geraak op haar want hy kon sien wat onder die hartseer le.  En alhoewel hy die slimste en mooiste meerman was van al die ander kon sy nie aanvaar dat hy haar wou he nie, sy was dan nie mooi genoeg nie.  Die meerman was met ’n gebroke hart daar weg.  Sy’t aangehou om meer en meer te wil he en het haar pa gesmeek om haar mooier te maak.  Haar pa het toe met hartseer in sy oe haar wens laat waar word want dit help nie sy het ‚n stem maar wardeer dit nie.  Toe, op ’n dag het haar stem heeltemal weg geraak.  Haar wens het waar geword want sy’t mooier en mooier geword tot sy die mooieste in die hele see was maar sy was nogsteeds nie gelukkig nie.  sy’t haar maaitjies, die visse, krappe, krewe en dolfyne verloor a.g.v haar lelike liedjies en omdat sy nou neergekyk het op hulle omdat sy mos nou die mooiste is. 

 

Jare het verby gegly en Skulpin was verskriklik aleen.  Sy’t geen meer vriende gehad nie en die pragtige meerman het haar ook verlaat.  Terwyl sy so aleen was het sy haar stem en maaitjies al hoe meer begin mis want sy’t besef haar stem is deel van haar.  Weer gaan sy terug na haar pa en smeek dat sy haar stem terug kan kry, sy wil weer ander gelukkig maak maar haar pa kon nie haar stem aan haar terug gee nie, sy’t haar keuse gemaak. 

 

Haar pa maak toe een belofte aan haar,  die see sal op een of ander manier haar sang onthou al is dit net af en toe.  Hy smelt toe haar stem saam met die golwe en in elke krakie en holtetjie in die see.  Dis waarom, tot vandag toe nog, as jy ’n skulp teen jou oor sit hoor jy die golwe daarbinne druis en as jy goed luister hoor jy Skulpin neurie. 

 

Die maan het my vertel dat elke keer as ’n mens in ’n skulp in sing ’n mens weer bietjie vir bietjie geluk in Skulpin se lewe sit want haar hart raak bly as sy hoor ander mense sing nog.  So volgende keer as jy op die strand loop en die golwe om jou enkels slaan, tel ‚n skulpie op en sing bietjie vir Skulpin en die golwe.  Wie weet, miskien help jy en kry Skulpin eendag weer haar stem terug.

 

~ deur carlaventer op November 10, 2009.

One Response to “Skulpin-kinderstorie”

  1. Oulik! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: