Die muse-ek is die ander vrou

Die stilte val soos mis oor die huis en ek maak vir my ‘n koppie koffie terwyl ek wag vir my muse om haar hande oor my laptop se sleutels te laat dans.  Lyk my sy is weer op vakansie met die ander man in haar lewe.  Of ander vrou vir al wat ek weet.  Sy dans nou op wit strande met ‘n Pinacolada in die hand en ‘n lelie in haar hare terwyl sy lag vir my somberheid want sy weet ekt haar nodig.  Ek het haar hare nodig om die reuk van kreatiwiteit in my neusgate te prikkel.  Ekt haar hande nodig sodat ek sonder die delete knoppie kan tik en ekt haar oë nodig.  Ek’t haar oë nodig sodat ek myself in hul kan sien sodat ek dit vanaand hier kan skryf.  Of tik, altans.  Dalk is ek die ander vrou.  Miskien is ek net die kuiertjie so laataand as sy passievolle woorde soek.  Sy weet dit duur nie lank nie, maar terwyl die woorde soos heuning op die sleutelbord drup glimlag sy.  Ja, come to think of it.  Ek is die ander vrou… Die vriendin wat net goed genoeg is vir ‘n vroeg oggend skinder voor klasdraf begin.  Ek is die ander vrou.

 

Die jakaranda bome se pers blommetjies maak die pad na die GW glibberig, gisteraand het dit gesous en die gevolg is almal gly-gly klas toe.  Gisteraand het ek ‘n movie gaan sien wat my weer lekker laat huil en lag het.  Twee teenoorgesteldes wat soms so naby aan mekaar grens.  Die dosent se stem versmelt saam met die draaiboek van gisteraand se fliek en ek dink terug.    Ek’t hard baklei vir die vorige man in my lewe.  Ekt geglo hy baklei vir my ook.  Maar daar het hierdie onvoorspelbare donker gordyn oor hom kom hang en ekt hom gewaarsku, regtig ek het.  Hy was net te flippen hardkoppig om te luister.  Syt toe gewen.  Vir hom was ek die ander vrou.

 

My ma skryf dat dit goed gaan daar.  My boetie was in ‚n fight by die skool en my pa porr hom aan.  Dit laat my glimlag en ek mis my ma se pep talks en my pa se warm drukkies.  Hul het ‘n jaar terug geemigreer.  Ek weet hul sit brawe gesigte op want ek kan hoor my pa se stem breek as hy met my praat laat middag as als rustig gaan daar.  Hy se hy sal vir my ‘n kar organize en vra heletyd onverskoning dat hy nie hier is nie.  Ekt ‘n sterk pa, my pa is die eintlike man in my lewe.  Maar moet dit liewer nie vir hom se nie, hy sal glote.  Ek weet my pa en broers kry swaar maar ek weet my ma sukkel die meeste.  Sy mis haar sus en haar ma…en haar dogter.  Ekt ‘n sterk ma ook maar sy is soms net so breekbaar.  Nie dat ek dit ooit regtig sien nie.  Sy bly sterk, sy werk lang ure, maak seker my broers is fine en dit terwyl sy die beste vrou is wat ek ken.  Maar syt seer, so aleen saam met 3mans.  Sy is nie die enigste vrou wat sukkel nie.  Ek is die ander vrou.  Ek sukkel, ek maak of ek sterk is maar die seer groei in my. 

 

Dan kyk ek weer vir jou en ek weet jy’s terug.  Ons albei het ons self uit gesort en nou kan ons weer saam wyn drink en musiek luister tot na middernag.  Na die maande van ongelukkigheid is jy weer by my.  Jys van nou af hier om te bly.  Jy gaan nie net saam die seisoene vertrek nie.  Jy gaan nie my vir ’n ander klimaat veruil nie.  Jys my bladwisselinde boom.  Ek voel weer jou hande in my hare en jou asem in my nek.  “dankie my poepies” en ek weet, ek’s nie meer die ander vrou nie. 

 

Die muse gee vir my haar lelie uit haar hare uit aan en glimlag breed toe ek weer aan jou hande dink.  Die heuning drup oor die sleutelbord en haar hare prikkel my neus.  Sy gee vir my ’n slukkie van haar Pinacolada en nooi my vir ’n kaalgat dans op die strand.  Sy weet jy laat weer my vingers juk om te skryf.  Miskien is ek tog nie die ander vrou vir haar nie… nes ek nie die ander vrou vir jou is nie.

~ deur carlaventer op Augustus 31, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: