99 TEEN 1 – dwelmverslaafdes se keuses

99 TEEN 1 – dwelmverslaafdes en hul keuses

 

‘I’ve got the good stuff, I’ll make you good’ sê die Negeriese man aan die anderkant van die telefoonlyn.  ‘Good’, antwoord hy terug en sonder ‘n verdere woord sit hy die foon neer en ontmoet hom op die gewone plek.  In ‘n oogwink word die transaksie met ‘n handskud begin en beëindig.  In sy hand het hy nou 1g heroine en die drang om sommer net daar en dan op die sypadjie hom te ‘fix’ is oorweldigend, maar hy weet wat die gevolge van so ‘n besluit kan wees.  Die drang om te gebruik kan jou jou lewe kos maar om die keuse te maak om die naald neer te sit, die rookpypie te vernietig of die spieël te breek ‘moet jy die laagste laagtepunt in jou lewe bereik waar jou enigste keuse tussen lewe of die dood is’. 

Verskillende mense kom te staan voor verskillende keuses in die lewe, sommige mag voor die hand liggend lyk maar ander onsettend moeilik.  Dié is ‘n blik op die keuses van rehabiliterende dwelmverslaafdes. Wat die keuses was en wat dit gemotiveer het verskil, maar in elke een (selfs die wat terug gaan na dwelms) sien jy die honger in hul oë en die strewe na iets beter.  Want daagliks is kom hul voor die keuse – lewe of die dood.

Die lang maer man met die smal hande en vriendelike blik laat ‘n mens wonder of dit moontlik is dat hy een van die mees versteende heroine-verslaafdes is.  Shaun is 28, en dis sy eerste rehabilitasiesentrum dié.  ‘Ek het net besluit dis nou genoeg’ en genoeg was daar onomwonde.  (Hy lig sy t-hemp op en wys waar hy met ‘n skroewedraaier in sy lewer gesteek is.)  Die man wat voorheen 135kg geweeg het ken al die donkergate en kanale van die dwelmwêreld.  Aanvanklik was hy ‘n ‘customer’ maar soos sy ‘habit’ erger geword het het hy meer gekonsentreerde heroine nodig gehad, ‘n ‘dealer’ was die oplossing en  naderhand ‘n ‘druglord’.  ‘Heroine maak jou gevoelloos’ en met 4,5g daagliks in sy bloed het dit sy witbloedselle en beenmurg vernietig – daarom weeg hy nou 40kg minder.  Shaun haat ‘dealers’ en ‘druglords’, tog was hy een.  Die groot besluit om skoon te kom was die dag toe sy 17 jarige boetie ook begin dwelms gebruik het. Die afgelope vyf maande was alles behalwe maklik.  Heroine se ontrekkingsimptome is fisies seer, jou spiere kramp soveel só dat jy ‘n hartaanval kan kry. Jy weet nie waar die pyn vandaan kom nie want die pyn brand soos ‘n vuur binne jou.  Jy’s naar en duiselig en al wat jy aan kan dink is jou volgende ‘fix’. Maar Shaun het die 7 dae van ontrekking deurgedruk net om twee weke gelede – toe ‘n prokureur van ‘n verslaafde in die sentrum heroine insmokkel – te struikel onder die reuk van sy vyand.

Haar oë staar bot voor haar uit, sy vroetel met haar hande, vee die trane vinnig in die hoeke van haar oë weg en ‘n dun maskara streep bly agter op haar wang.  ‘Dis hoe ek verkrag is’ sê sy en haar mooi gesig weerspieël vir die eerste keer in twee dae, pyn.  Sunel is 24jaar oud en reken haarself onder dié 1%. 

Sunel kom uit ‘n welaf, konserwatiewe familie in Pretoria.  Pa se oogappel en ma se prinses, het egter op veertien haar eerste katastrofiese besluit geneem.  Op veertien het sy haar eerste ‘upper’ gevat, haar eerste pilletjie wat vir haar eerste ‘high’ sou sorg.  Sunel, soos alle ander rehabiliterende dwelmverslaafdes het keuses gemaak. 

Slegs 1% van heroine-verslaafdes word gerehabiliteer en gebruik dit nie weer nie.  Sunel is al 15 maande skoon en haar ouer sussie Chantel, 12 maande.  Anders as Shaun het hul heroine gerook en later gesnuif.  Chantel het 10 gevalle van diefstal teen haar naam en die regte pad was definitief nie ‘n maklike een vir die twee sussies nie.  ‘Ons wou so graag skoon kom en het hulp orals gesoek, ons het hospitale gebel maar hul het gese hul weet nie wat om te doen nie.  Ons was selfs so desperaat dat ons na ‘n toordokter toe gegaan het; wat ‘n ripoff!  R400 later en ons albei onttrek steeds…’  Hul stap al die heroine-pad vir meer as 11 jaar en het baie uit-kom-kanse gesoek tog het hul albei eers onlangs geleer hoe om nie ‘gevoelloos’ te wees nie.  Vir Sunel was dit hoofsaaklik twee goed wat haar oortuig het om skoon te kom.  Haar seuntjie Naythen (8) is haar hart se punt en haar oë blink anders as sy van hom praat maar ‘n donkerder gebeurtenis het haar ook van haar realiteit bewus gemaak. 

Sunel vee weer ‘n traan af en vertel dat sy in ‘n Halfway house in-gedwing is maar sy het gou gemaklik daar geword. Sy was skoon vir twee maande maar toe sy met die instansie se geld begin werk het het sy weer terug geval in die kloue van heroine.  ‘Een van die meisies in die huis het verjaar en ons het ‘n boks wyn gekoop.  Ek het twee glasies gedrink en toe gese ek gaan bed toe.’  Die man in sy dertigs het Sunel al voorheen probeer soen maar sy het hom elke keer liggies weg gestoot. Sy kyk af na haar hande en vertel dat die man die aand, toe almal slaap, hom op haar afgedwing het.  Eers het sy haarself kwalik geneem, gedink dis haar eie skuld omdat sy die aand twee glase wyn gedrink het maar het moed bymekaar geskraap om haar familie te vertel. Die seer in haar oë is duidelik toe sy sê: ‘my pa het my geglo maar my ma nie’.  Na dit het sy besluit dat as dit is wat met dwelmverslaafdes gebeur wil sy nie meer een wees nie.  Dit is driejaar gelede en al het haar verkragting beteken dat sy heroine los erken sy: ‘na al die tyd is ek nogsteeds nie oor dit nie, ek bêre dit net ver weg’.

Die lewe is te veel vir Malvin en hy het klaar besluit, hy gaan selfmoord pleeg.  Hy kan nie meer met die skuldgevoelens leef nie.  Hy kan nie toelaat dat sy boetie hom elke dag in dié toestand sien nie en hy kan nie meer sy ma se hart breek nie.  Na vandag se partytjie, al die ‘crack’ en al die drank kan hy nie meer nie.  Sy ma en hy het weer vas gesit vandag.  Dit sal beter wees as hy dood is.

So het hy ‘n tou gereed gehad maar na die lang dag se partytjie was hy te dronk om homself te hang. Plan B is dat hy met sy knipmes herhaaldelik diep kepe in sy linkerarm gesny.   Dís hoe sy 10 jarige boetie hom gevind het en sy ma geroep het. 

Die letsels op die Malvin se arm laat ‘n mens tweekeer kyk en jy wonder waarom die jong man (23) met die skamerige glimlag, glinsterende oe en fikse lyf so betrokke geraak het met kokaïne.  ‘Crack’ was Malvin se ‘ding’ en hy’s die eerste een om te erken dat hy onder sosialedruk gestruikel het.  Met baie probleme by die huis het Malvin aanvaarding gesoek by die groep jongmense wat (soos hy) in Johannesburg se middestad woon.  ‘Dit was ‘n outing’ sê hy en verduidelik dat dit ‘in’ was om ‘coke’ te rook. Aan die begin het hy net saam met die groep gerook maar naderhand moes hy op sy eie  kokaïne gaan koop.  ‘Jy chase daai high heletyd’ en daarom het hy elke dag gebruik, dit en omdat dit reukloos is so dit was moeilik om gevang te word. Met tyd het sy ma uit gevind en hy kon sien hoe hy sy ma se hart verpletter is elke keer as hy dronk of hoog by die huis opdaag.  Dis toe die breekpunt van November 2009 toe hy weer van ‘n ‘outing’ af terug gekom het, stormdronk en hoog.  Later toe Malvin wakker word in die hospitaal met dik verbande om sy binneste-voorarm en sy ma langs sy bed, het hy sy besluit gemaak.  Want hy lewe en daar’s ‘n rede daarvoor. 

Maklik was die pad nie tot dusver, elke dag is ‘n uitdaging maar tenminste dink hy nie meer aan gebruik nie.  ‘Die belangrikste ding is testimony want die Here is lief vir jou’ sê Malvin. Hy is vasberade dat daar ‘n toekoms vir hom is, maak nie saak wat enige iemand sê nie. 

‘Behandel die kern, nie die simptoom’ se Shaun.  En die kern van die probleem is keuses.  Keuses maak of breek ons, daar gebeur goed wat nie in ons hande is nie maar dis jou keuse om uit die stof uit op te staan.  Sommige mense kom te staan voor maklike keuses ander se keuses is moeilik tog word ons geken aan ons keuses.  Sunel, Chantel, Shaun en Malvin glo hul kan deel van die 1% wees wat kies om te lewe, hul het ‘n besluit gemaak, ‘n moeilike maar brawe besluit.  Dis maklik om die dood te kies, dis vinnig en jy hoef nie met die nagevolge op aarde te leef nie.  Om aan te hou lewe is die groot uitdaging.  Almal maak verkeerde besluite maar dis hoé jy opstaan wat jou onvergeetlik maak.  Sunel, Chantel, Shaun en Malvin gaan nie onthou word aan hul verkeerde keuses nie maar hoe hul opgestaan en aangegaan het en dit maak die verskil – dit maak hul die 1% uit die 99%.

~ deur carlaventer op Mei 17, 2010.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: