Carla se kamer

Skulpin-kinderstorie

November 10, 2009 · 1 Kommentaar

Hey julle.  Ek het begin om kinderstories te skryf.  Hier is een van vele.  Sê my bietjie wat jul dink!

 

Skulpin se stem

Jare en jare gelede, toe dinosorusse nog op die aarde amok gemaak het, feetjies nog op elke blom en blaar baljaar het en die see se sand nog skulpies was het die maan al oor alles lig gegee saans.  Hy’t die see sien groter word, die walvisse sien groei en die aarde mooi en vrugbaar sien word.  Orals op die maan se oppervlakte is van die aarde (en ander planete) se geheime geskryf, ver genoeg van die mens se oog af sodat ons nie te naby kyk nie.  Maar ek was gelukkig dat die maan nog ‚n storie vir my vertel het.  ’n Storie wat my ’n tikkie meer die see se klanke laat verstaan het.

 

Jare terug was daar ’n meermin wat onder die see gewoon het met die naam Skulpin.  Die see was soos een groot speelgrond vir haar.   Die krappe, krewe, visse en selfs haaie was haar maaitjies en daagliks het hul almal saam in die golwe gespeel want die golwe was Skulpin se gunsteling deel van die see.  As enige seedier hartseer of moeg was het sy hul met haar wonderlike stem getroos.  Sy’t ‘n stem helderder as kristal en mooier as voelesang gehad.  Haar liedjies het die see-lewe van huide en ver laat kom want elke een van haar liedjies het ‚n storie vertel.  Dit het die seediere in liefde laat glo want in haar liedjies het krappies en krefies verlief geraak en dolfyne en haaie beste maaitjies geword.  Dit het alles en almal laat glimlag maar almal was gelukkig behalwe Skulpin.  Sy wou altyd mooier gewees het, tog het dit nie vir enige iemand anders saak gemaak nie want haar stem het van binne af deur haar gegloei en haar net mooier vir aanskouers en luisteraars gemaak.  Haar stem was haar sening maar steeds het Skulpin met groen oe na die ander meerminne gekyk en gewens sy was so mooi.  Bedroef het sy op ‚n stormagtige dag na haar pa, die koning van die see gegaan en op haar kniee gesmeek dat hy haar mooier maak.  Hy kon natuurlik haar wens laat waar word maar hy was te lief vir haar en het geweet wat goed is vir haar.  Haar pa het haar oor en oor probeer oortuig dat sy uniek en pragtig is net soos wat sy is maar Skulpin was blind van jaloesie en het nie haar pa se woorde hart toe gevat nie. 

 

Skulpin se liedjies het van slegte goed begin vertel, van woede en oorlog en alles wat sleg en lelik is.  So geleidelik het sy haar maaitjies begin verloor want niemand wou met haar maatjies wees as sy so lelik is met hulle nie.  Haar pa het steeds met haar gepraat, haar gesmeek om haarself te aanvaar nes sy is maar sy wou nie.  En stadig maar seker het haar stem begin verdoof en het sy al hoe ongelukkiger geword.  Sy wou nie eers mee saam met die golwe speel nie.   Jare het verby geglip en Skulpin het net af en toe gesing.  ’n Pragtige meerman het van haar stem gehoor by ou verlore vriende van haar en haar kom besoek.  Dadelik het hy verlief geraak op haar want hy kon sien wat onder die hartseer le.  En alhoewel hy die slimste en mooiste meerman was van al die ander kon sy nie aanvaar dat hy haar wou he nie, sy was dan nie mooi genoeg nie.  Die meerman was met ’n gebroke hart daar weg.  Sy’t aangehou om meer en meer te wil he en het haar pa gesmeek om haar mooier te maak.  Haar pa het toe met hartseer in sy oe haar wens laat waar word want dit help nie sy het ‚n stem maar wardeer dit nie.  Toe, op ’n dag het haar stem heeltemal weg geraak.  Haar wens het waar geword want sy’t mooier en mooier geword tot sy die mooieste in die hele see was maar sy was nogsteeds nie gelukkig nie.  sy’t haar maaitjies, die visse, krappe, krewe en dolfyne verloor a.g.v haar lelike liedjies en omdat sy nou neergekyk het op hulle omdat sy mos nou die mooiste is. 

 

Jare het verby gegly en Skulpin was verskriklik aleen.  Sy’t geen meer vriende gehad nie en die pragtige meerman het haar ook verlaat.  Terwyl sy so aleen was het sy haar stem en maaitjies al hoe meer begin mis want sy’t besef haar stem is deel van haar.  Weer gaan sy terug na haar pa en smeek dat sy haar stem terug kan kry, sy wil weer ander gelukkig maak maar haar pa kon nie haar stem aan haar terug gee nie, sy’t haar keuse gemaak. 

 

Haar pa maak toe een belofte aan haar,  die see sal op een of ander manier haar sang onthou al is dit net af en toe.  Hy smelt toe haar stem saam met die golwe en in elke krakie en holtetjie in die see.  Dis waarom, tot vandag toe nog, as jy ’n skulp teen jou oor sit hoor jy die golwe daarbinne druis en as jy goed luister hoor jy Skulpin neurie. 

 

Die maan het my vertel dat elke keer as ’n mens in ’n skulp in sing ’n mens weer bietjie vir bietjie geluk in Skulpin se lewe sit want haar hart raak bly as sy hoor ander mense sing nog.  So volgende keer as jy op die strand loop en die golwe om jou enkels slaan, tel ‚n skulpie op en sing bietjie vir Skulpin en die golwe.  Wie weet, miskien help jy en kry Skulpin eendag weer haar stem terug.

 

→ 1 KommentaarKategorië Uncategorized
Tagged: , , , , , , , , , , ,

Eksamen- wats dit nou weer?

November 6, 2009 · Lewer Kommentaar

My wit BMW staan lui onder die Jakaranda wat haar vol pers glibberige blommetjies versier het.  Sy lyk so ampertjies verlydelik terwyl sy soos ‘n bruid daar onder al die blommetjies staan en wag tot ek weet die pers blommetjies so een een in die wind laat af waai.  Pers.  Die hele wêreld is pers die tyd van die jaar.  Soos ‘n groot blou kol na die winder wat geleidelik gesond word.  Maak ons reg vir die somer en die persigheid kondig Moederaarde se sweterige seisoen aan.  Maar nes alle studente weet kondig dit ook die eind eksamens aan. 

(SUG….) Eksamens is maar crap.  Wie wil nou op sonnige (of renirige in Pta) dae vir ure voor die boeke sit.  Wie wil nou eintlik elke bladsy annaliseer en die sige van jou prof. verstaan sodat jy net sekere werk leer?  Natuurlik wil ek mos baie eerder met ‘n groot sonhoed buite stap en in die warm son my lyf soos ‘n akkedis warm bak.  

Dis eintlik vreemd want tydens ‘n eksamen voel dit of ek myself dood swot maar na die tyd weet ek ek kon baie meer geswot het.  Maar hey as jy 51% kry het jy te hard geswot en as jy 52% kry het jy jou vriende afgeskeep. Haha…  Jy wonder nou seker waarom ek die hele pers gedeelte so beklemtoon het en die waarheid is… ek het gin idee nie.  Dink dis omdat ek enige iets tans sal doen om nie te swot nie.  Dis snaaks tydens eksamens kom ek agter hoe deurmekaar my klere is, hoe ek eintlik iets wil restoreer.  Hoe ek wil koekies bak en hoe my boekrak eweskielik nuwe skatte oplewer.  Ja, enige iets om nie ’n “pliggie” te wees en te swot nie.  ENIGE IETS. 

Ek bied aan om mense rond te ry, ek bied aan om melk en brood te kry, my niggie by die skool te gaan haal en tee te maak vir my oupa. En dan natuurlik om onbenullighede uit te dink soos waarom dinge pers is.  

Dan eweskielik (soos ek seker is jy weet) is dit sondag aand en jy’t nog nie geleer vir more se eksamen nie.  Vir die hoeveelste keer kan jy jouself skop want waarom het jy nie vroeër begin nie.  Maar Maandag na die toets besef jy jou klere kas is perfek georganiseer, jy het daai boek oor Israel en Palestiena gelees, al jou niggie se hoërskool geheime gehoor en dit alles terwyl jy 50% op jou toets kry.  

Ek dink dis die verkeerde tyd vir my om dit te besef en ek moet dit seker nie vir julle sê nie maar 50% is genoeg.  Die boeke, die stories van my oupa en om ekstra klere vir arm kinders te skenk beteken veel meer vir my en ek leer ook baie meer by die allerdaagse dinge.  So my punt is, wie gee om wanneer jy begin.  Begin net, slaag en maak vrye tyd om dinge wat jy nie normaal weg voor tyd kry te doen.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized
Tagged: , , , , , , , , , , , ,

My ma is my rankroos

Oktober 28, 2009 · 1 Kommentaar

Ek is verskriklik trots.  My eerste stuk is gepubliseer.  Nogals op Sarie se webwerf.  Ek las dit hier aan.  Ek het dit vir my ma geskryf na ek haar gemis het.  Ek en sy het altyd in die tuin rond geploeter en veral die rose versorg.  Hier is my stuk.  Seblief laat my weet wat jy dink.

Die rose in my ma se tuin is pragtig.  Daar’s pienkes, perses, wittes, rooies en perske kleure.  Sommige het dik stamme wat van jare spreek en skynbaar ook al die mooiste rose met hul saamdra.  Hul dorings is dik en hul blare ‘n diep groen wat die gras vaal laat vertoon.  My ma het nuwe rose wat elke keer as jy kyk ‘n nuwe uitloper het, ‘n nuwe takkie wat onverwags ‘n plekkie in die son soek sodat hy ons met sy rose kan verras. 

 

Die geure van my ma se rose is oog-toemaak-snuiwend-lekker.  Diep asemteue van die rose vul jou longe en jy proe dit amper amper so op die punt van jou tong.  Die rankrose annekseer alle dooie bome en oop mure en in elke oop hoekie wurm hul hulself amper ongenooid in, maar jy gee nie om nie want die klein geel blommetjies laat my dink aan my troudag, nostalgie, goeie tye en jy glimlag. 

 

My ma is die en vele meer rose.  Sy is ‘n mengelmoes van verskillende kleure wat jou soms verblind maar wat sidderend mooi is.  Sy dra die kennis van ‘n gevestige roos wat verskeie storms en seisoene beleef het, maar steeds is haar blare ‘n diep groen wat ander vroue se groenigheid verlep laat lyk. 

 

Haar hande boots die wit dun elegante blare van die roos na.  Soos ‘n rankroos vind ek haar orals in my lewe.  In moeilike situasies, in pragtige nostalgiese herinneringe, in wyse raad en bo als die wete dat sy daar is.  En al begin ek ook rank, rank sy saam my. 

 

My ma is ‘n reënboog roos wat die son se gunsteling is en wat dus tydsame soene ontvang van die son af wat dan op sy beurt die hele familietuin voed.  My ma, is die pragtigste roos wat ek nog gesien het en steeds vind ek elke dag nog uitlopers.  My ma se rose sal ek in my sintuie saamdra omdat al my sintuie so oorweldigend van dit hou.  Ek vind my ma in al my sintuie want sonder dat ek dit agter gekom het het ek nes sy ‘n roos ‘n word en boots my blare haar na.

 

→ 1 KommentaarKategorië Uncategorized
Tagged: , , , , , , , ,

Jy’s my ritme, my dans, my als

September 29, 2009 · Lewer Kommentaar

Ek sit in Dubai en sukkel alweer om te slaap vanaand. Eks ‘n regte naguil en het hier op my fluffy wit douve (met die aircon hard aan) bietjie begin dink. Wat maak my vanaand wil laat skryf? Ek dink terug aan dinge, en dis wat by my opkom. PS jammer ek kry dit nie reg om al die leestekens te maak nie. (Nuwe laptop)

So ‘n rukkie terug het ek ‘n heerlike naweek saam my ou gehad. Ons het gaan seil, wyn gedrink en baie gelag. Ek’s seker daar is mense wat jou ook inspireer. Vir my is dit ‘n paar mense. My ma, my pa, ‘n handjie vol vriendinne en Philip.

My ritme my verf my als
Dis vroeg oggend en my vingers volg al vanself die ritme van my sleutelbord. Dit word een met jou reelmatige asemhaling langs my. Met die klop van my hart wat bietjie ‘base‘ by sit. Na ‘n naweek soos die een weet ek nie hoe enige iets dit kan oortref nie. Ek het onnoembare plekke die naweek in jou oe gesien. Elke sekonde iets nuuts ontdek of weer gewaar. Jou oe is my speelraam wat my vir ure kan besighou. Weet jy dit? Na ‘n naweek so wonderlik soos die een glimlag ek vir myself. My muse is terug. Ek wil weer net skryf! Ek het al die tyd eintlik geweet waar sy is… sy’t al die tyd by jou gekuier. Jy’t haar verlei met jou lyf en woorde en sy’t verslaaf geraak aan jou. Elke greintjie van jou is haar volgende fix.

Dit kom daarop neer dat jy my vingers, my lippe, heupe en gedagtes laat dans. Daars geen gister net vandag en more en ons. Geen wonder ek’t gesukkel om te skryf sonder jou nie.

‘n Kunstenaar kan nie skilder sonder sy verf nie. Met jou is als so maklik. Ek meen die skryf die dans die kuier die lag die vat die oe die als.
Ek wil skryf oor corny dinge ook, moet my nie verkeerd verstaan nie. Mooi woorde wat aan mekaar gevleg is klink half ‘fake‘. Maar ek weet nie hoe om anders te se dat jou oe vir my ‘n venster is na my eie siel nie. Ek wil skryf dat jou hande my hart versorg. Jy maak my die kreatiewe lewenslustige Carla wat ek gemis het. Maar het ek dit nie al vir jou gese nie?

Die verlede maak nie saak nie, ek het jou gemis, my muse. Vir jou. Jy is my ritme. Jy is die dans. Jy is my verf.

Ek lief jou is nie kreatief genoeg nie, ek bemin jou is al gebruik. Al wat oorbly is die wete in my en jou oe dat daar niemand en niks is wat ons tango weer kan versteur nie.
Kreatief of te nie. Ek lief jou

Soos die van jul wat weet.
AI dis lekker om verlief te wees. En ek, obviously het ek die skoot hoog deur.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized

Nog ‘n vakansie sien sy gat

September 29, 2009 · Lewer Kommentaar

Shoe, soos alle ander studente sien ek die meeste uit na die vakansies. Om saam klomp pelle Ramsgate toe te gaan of om te slaap tot die son al hoog sit. Om (nog) minder verantwoordelikheid te he. En natuurlik het ek nog ‘n rede hoekom ek uitsien; ek gaan Dubai toe. My male bly mos hier so ek sit in die vrek warm land tans. Ek herhaal VREK WARM land. Maar dis lekker om by my familie te wees en jis hier is nogals cool goed om te doen. Ek kan ski in ‘n mall, ek kan aqariums sien in winkelsentrums, die grootste mall in die wereld besoek, bargains kry by souks, swem by ongelooflike waterparke en daar is min goed so mooi soos die sonsondergangs hier.

Ek noem dit maar net, dit beteken darm ek’t iets die vakansie gedoen. (en dis deffenitief nie werk nie) Ek sien nou weer uit op in die squere in Pta te sit en die coctail special te drink by Cheeky Monkey en terug te keer na chaoties koshuis lewe. Vakansie is altyd lekker, maar soms dink ek dis over rated. Vir studente in elk geval. Ons lewe is eintlik ‘n vakansie.

Dis nooit lekker om terug te gaan na ‘n vakansie nie, veral nie so ‘n kort een nie. Maar nouja. Vakansie is vakansie en om eerlik te wees is student-wees ‘n tipe state of vacation. Vir almal wat nie meer studente is nie, net om jul te laat weet. Dis nogsteeds vrek lekker, nes destyds.

Lekker laaste kwartaal aan alle studente en aan al die ander normale mense. Soms is dit nodig om soos ‘n student te leef. Meeste probleme word in elk geval uit proporsie geruk.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized
Tagged: , , , ,

Ek lag vir jou-Seer

Augustus 31, 2009 · Lewer Kommentaar

Skryf is vir my terapeuties en die stuk is deel daarvan.  Ek’t dit geskryf omdat ek seer gemaak is deur iemand wat ek met als vertrou het.  Maar so stuk-stuk kom als reg.  Ek weet nou dat ek sterk genoeg is vir enige iets wat my kant toe gegooi word.

My ooglede is swaar en my kop sak so tussen die tissues al weet ek die trane is verniet.  As ek maar net ‘n renoster was met ‘n dik vel sodat ek nie die prikkelende, alomteenwoordige pyn hoef te voel nie.  Ek skut my kop en haal eenkeer diep asem,die lug wat in my longe in stroom brand en ek verwelkom die pyn. 

 

Van my kruie tuin bly daar net stokkerige tiemie oor wat swak teen selfs die wintergras afsteek.  Die kruie tuin wat my gevoed en bemoedig het is verwoes. Die plante sommer so heel uit geruk en laggend rond gestrooi.  My kruie tuin van geluk is in vlarde.  Elke sarkastiese woord skroei my blare en elke leun vergiftig my grond.  Jy is my kruie tuin se grootste vyand.  Jy wat soms my wonde met jou eie kruie gesalf het.  Jy wat water aan my tuin gegee het.  Jy wat sonder om ‘n oog te knip soos ‘n orkaan daar deur is en met verwoesende spitefulheis daar regeer het. 

 

Bloed is dikker as water maar jy het my daarin laat twyfel.  Jy het my oortuig dat ek jou nie nodig het nie.  Die woede en haat in my maak my bang maar dit maak my sterker.  Ek het jou nie nodig nie.  Ek lag vir jou patetiese effert om onskuld te bewys.  Ek lag vir jou.  Ek lag vir jou.  Ek lag vir jou, so tussen deur die trane wat nou, sonder jou my tuin voed.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized
Tagged: , , ,

Die muse-ek is die ander vrou

Augustus 31, 2009 · Lewer Kommentaar

Die stilte val soos mis oor die huis en ek maak vir my ‘n koppie koffie terwyl ek wag vir my muse om haar hande oor my laptop se sleutels te laat dans.  Lyk my sy is weer op vakansie met die ander man in haar lewe.  Of ander vrou vir al wat ek weet.  Sy dans nou op wit strande met ‘n Pinacolada in die hand en ‘n lelie in haar hare terwyl sy lag vir my somberheid want sy weet ekt haar nodig.  Ek het haar hare nodig om die reuk van kreatiwiteit in my neusgate te prikkel.  Ekt haar hande nodig sodat ek sonder die delete knoppie kan tik en ekt haar oë nodig.  Ek’t haar oë nodig sodat ek myself in hul kan sien sodat ek dit vanaand hier kan skryf.  Of tik, altans.  Dalk is ek die ander vrou.  Miskien is ek net die kuiertjie so laataand as sy passievolle woorde soek.  Sy weet dit duur nie lank nie, maar terwyl die woorde soos heuning op die sleutelbord drup glimlag sy.  Ja, come to think of it.  Ek is die ander vrou… Die vriendin wat net goed genoeg is vir ‘n vroeg oggend skinder voor klasdraf begin.  Ek is die ander vrou.

 

Die jakaranda bome se pers blommetjies maak die pad na die GW glibberig, gisteraand het dit gesous en die gevolg is almal gly-gly klas toe.  Gisteraand het ek ‘n movie gaan sien wat my weer lekker laat huil en lag het.  Twee teenoorgesteldes wat soms so naby aan mekaar grens.  Die dosent se stem versmelt saam met die draaiboek van gisteraand se fliek en ek dink terug.    Ek’t hard baklei vir die vorige man in my lewe.  Ekt geglo hy baklei vir my ook.  Maar daar het hierdie onvoorspelbare donker gordyn oor hom kom hang en ekt hom gewaarsku, regtig ek het.  Hy was net te flippen hardkoppig om te luister.  Syt toe gewen.  Vir hom was ek die ander vrou.

 

My ma skryf dat dit goed gaan daar.  My boetie was in ‚n fight by die skool en my pa porr hom aan.  Dit laat my glimlag en ek mis my ma se pep talks en my pa se warm drukkies.  Hul het ’n jaar terug geemigreer.  Ek weet hul sit brawe gesigte op want ek kan hoor my pa se stem breek as hy met my praat laat middag as als rustig gaan daar.  Hy se hy sal vir my ‘n kar organize en vra heletyd onverskoning dat hy nie hier is nie.  Ekt ‘n sterk pa, my pa is die eintlike man in my lewe.  Maar moet dit liewer nie vir hom se nie, hy sal glote.  Ek weet my pa en broers kry swaar maar ek weet my ma sukkel die meeste.  Sy mis haar sus en haar ma…en haar dogter.  Ekt ‘n sterk ma ook maar sy is soms net so breekbaar.  Nie dat ek dit ooit regtig sien nie.  Sy bly sterk, sy werk lang ure, maak seker my broers is fine en dit terwyl sy die beste vrou is wat ek ken.  Maar syt seer, so aleen saam met 3mans.  Sy is nie die enigste vrou wat sukkel nie.  Ek is die ander vrou.  Ek sukkel, ek maak of ek sterk is maar die seer groei in my. 

 

Dan kyk ek weer vir jou en ek weet jy’s terug.  Ons albei het ons self uit gesort en nou kan ons weer saam wyn drink en musiek luister tot na middernag.  Na die maande van ongelukkigheid is jy weer by my.  Jys van nou af hier om te bly.  Jy gaan nie net saam die seisoene vertrek nie.  Jy gaan nie my vir ’n ander klimaat veruil nie.  Jys my bladwisselinde boom.  Ek voel weer jou hande in my hare en jou asem in my nek.  “dankie my poepies” en ek weet, ek’s nie meer die ander vrou nie. 

 

Die muse gee vir my haar lelie uit haar hare uit aan en glimlag breed toe ek weer aan jou hande dink.  Die heuning drup oor die sleutelbord en haar hare prikkel my neus.  Sy gee vir my ’n slukkie van haar Pinacolada en nooi my vir ’n kaalgat dans op die strand.  Sy weet jy laat weer my vingers juk om te skryf.  Miskien is ek tog nie die ander vrou vir haar nie… nes ek nie die ander vrou vir jou is nie.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized
Tagged: , , ,

Prostitute-”Die waarheid maak seer”

Maart 23, 2009 · Lewer Kommentaar

Haar rooi lipstiffie bly agter op die koppie cappacino wat sy rustig drink terwyl sy ‘n “Fine Cut Menthol” sigaret tussen haar lang vingers met die bloed rooi naels vashou. Haar rompie wat met elke teug van die sigaret hoër trek en dan hoe sy deur dik wimpers die geheime van haar wêreld met my deel sonder die geringste teken van skuldgevoelens. Dit is wat ek verwag het toe ek besluit het om met ‘n prostituut ‘n onderhoud te voer. Maar vandag kyk ek verbly die fisiese aspekte hiervan en vertel hoe ek dit beleef het.

Toe Zandalee die foon optel word ek onkant gevang, ek het ’n ouer meer misterieuse stem verwag maar die stem wat my groet is die van ’n jong Afrikaanse meisie. Zandalee se advertensie op die internet het my aandag getrek. Haar rooi hare en maer lyfie sou menigde man mal maak maar die feit dat sy jagnaweke as een van haar “specialities“ genoem het het my geboei? Jagnaweke? Wat meen sy? Nadat ek vir haar verduidelik het wie ek is, wat ek doen en hoekom ek met haar wil praat het sy huiwerig gesê “sjoe, ai ek sal daaroor moet dink daar’s baie mense wat my ken jy weet.“ Maar sy’t toe gedink en besluit sy sal met my praat en ons eerste ontmoeting sou Dinsdag middag 15:00 wees. Op pad na ons gereelde ontmoetingspunt bel ek net om seker te maak sy’s ook op pad net om uit te vind haar kar het gebreek maar dit sal more oggend vroeg reg wees so ons herskeduleer toe vir Woensdag 11:00.

Die bekende koffie plekkie in Hatfield is privaat en stil op ’n Woensdag oggend. Die koerante word een vir een deur gewerk terwyl daar gewag word vir Zandalee. Teen 12:00 bel ek net om uit te vind haar kar is nog nie reg nie en haar krag is af so sy weier om so uit die huis te gaan. “Ek wil jou nie rond shuntie maar ek sal laat weet as my krag aan is dalk kan jy my dan sommer kom oplaai vir ’n koffietjie.“

Fanaties word daar na ’n plan B gesoek en ek bel Linda (“21j, Blonde Boere-atleet. Prettig Pta-Oos“) wat sê sy sal daaroor dink maar vyf minute later sms sy en sê sy kan ongelukkig geen onderhoude toestaan want sy mag nie. So word Maritza (“terug op aanvraag“), Sasha (“25j, 24/7, warm brunet, Hatfield“), Debbie (“blond, 1,62m, 50kg. Privaat, Diskreet) geskakel maar almal wys dit van die hand.

So kom ek by Hantie uit wat wil weet hoekom ek nou eers wakker skrik maar wat my sal sien “…vir twee cokes en ‘n pie” maar toe ek ‘n halfuur later terug bel om ‘n tyd te skeduleer is haar foon af. Haar foon is nou nog af.

Alicia (“19jr, klein, pragtig, stylvol en privaat“) se stem is nog ryp van jeugdigheid en ’n kleuter se gebabbel klink op aan die ander kant van die lyn. Haar vriendelikheid en openlikheid is verrassend vir so ’n jong meisie maar sy is in Witbank en kom eers oor twee weke terug. “Maar ek sal mal wees daaroor om met jou te praat, ek wil self nog eendag Joernalistiek swot“ sê sy terwyl die kleuter aan die ander kant van die lyn begin giggel en lag vir iets amuseerend. So word daar verder gesoek na ’n “lady of the night“ wat bereid is om haar kant van die storie te vertel.

Die laaste en langste advertensie blyk die wenner te wees. ’n Paragraaf vol beskrywings staar terug na my maar die persoon blyk annoniem te wees. “Stylvol“, “elegant“ en “diskreet“ is van die bevoeglikenaamwoorde wat verskyn. Toe sy die foon antwoord hoor ek dadelik sy is ouer as die vorige vroue wat ek gebel het maar ek voel dadelik op my gemak toe sy my inlig sy wag al lank vir iemand soos ek en dat sy juis beoog om ’n boek oor haar “lyn van werk“ te skryf met die titel “Die waarheid maak seer“. Vivian is 40 en het op die ouderdom van 36 begin om die “escort-ding te doen“. Sy lig my in dat ek “moenie te veel geskok wees nie“ en dat sy my presies gaan sê hoe dit is: “ek is een van daai eerlike mense wat nie goed sugar coat nie“ sê sy met sekerheid. Sy brei uit en vertel met smaak dat as sy geweet het wat sy nou weet sou sy al lankal dié werk begin doen het want dan sou sy kon gaan swot het en ook dat sy my presies kan vertel hoekom mans na vroue soos sy gaan. Sy vra my weer hoekom ek besluit het om “ ’n prostituut te interview” en na my verduideliking word ek ‘n reeks vrae gevra soos wat is my sterreteken. “Mmmm ja ek’t gedink jy’s ‘n virgo, ek leef nie my lewe volgens die sterre nie maar glo daar’s waarheid daarin. Ek is ‘n Christen though… O en solank jy met opregte bedoelings kom kan ons praat.” Die lug gevul met afwagting groet ons nadat ons besluit het om by die Dros in Hartebeespoort Donderdag oggend 10:30 te ontmoet want haar vennoot werk more en sy het die dag af.

Vivian het gevra dat ek haar op haar persoonlike nommer bel wanneer ek by die Dros is. Ek tel dadelik die effens kortaf stemtoon op toe sy sê sy sal in ‘n halfuur daar probeer wees. Maar ‘n uur later stuur Vivian ‘n sms: “Ek’s jammer, ek kan nie kom nie daar is klieënte oppad makit eerder oor ‘n naweek.(sic)” Talle koerante, 97 km’s, drie verskillende onderhoud vraelyste en tientalle oproepe later is ek weer terug by struikelblok nommer een. Ek’t nog nie ‘n onderhoud gevoer om die waarheid agter dié bedryf vas te vang nie, ek’t nog nie die vrou gepersonifiseer sodat ons met haar kan vereenseldig nie. Ek’t nog geen storie nie.

Ek besef dat die fisiese nie in “hul lyn van werk” die enigste komponent is om in aanmerking te neem wanneer jy hul werk ontleed nie maar dat die onstabiele lewenswyse ’n groot impak op hul het. Tog is daar dinge wat nie kan verander as ’n mens dit nie wil verander nie. Beide Zandalee en Vivian het gesê hulle wil my en ander se idee van prostitute verander. Maar handelinge praat duideliker as woorde en ongelukkig sien meeste van ons steeds die vrou met die rooi lippe en rooi naels wat haar liggaam verkoop sonder skuldgevoelens. Die vrou met die onstabiele lewe, die vrou wat beheer word en verneder word. Die vrou met ’n storie wat vertel moet word maar wat weg skram. Daar is ander vroue sonder die rooi lippe, selfstandige, sterk vroue, vroue wat afsprake nakom, vroue wat jou verras met hul intelligensie. Vroue wat gepersonifiseer kan word en wat dit doen sonder dwang en drang. Maar steeds wag ons om dié vrou se stem te hoor.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized
Tagged: , , , ,

Dubai-Kuiertjies in die ander land

Januarie 4, 2009 · Lewer Kommentaar

Die stilte val soos mis oor die huis en ek maak vir my ‘n koppie koffie terwyl ek wag vir my muse om haar hande oor my laptop se sleutels te laat dans.  Lyk my sy is weer op vakansie met die ander man in haar lewe.  Of ander vrou vir al wat ek weet.  Sy dans nou op wit strande met ‘n Pinacolada in die hand en ‘n lelie in haar hare terwyl sy lag vir my somberheid want sy weet ekt haar nodig.  Ek het haar hare nodig om die reuk van kreatiwiteit in my neusgate te prikkel.  Ekt haar hande nodig sodat ek sonder die delete knoppie kan tik en ekt haar oë nodig.  Ek’t haar oë nodig sodat ek myself in hul kan sien sodat ek dit vanaand hier kan skryf.  Of tik, altans.  Dalk is ek die ander vrou.  Miskien is ek net die kuiertjie so laataand as sy passievolle woorde soek.  Sy weet dit duur nie lank nie, maar terwyl die woorde soos heuning op die sleutelbord drup glimlag sy.  Ja, come to think of it.  Ek is die ander vrou… Die vriendin wat net goed genoeg is vir ‘n vroeg oggend skinder voor klasdraf begin.  Ek is die ander vrou.

 

Die jakaranda bome se pers blommetjies maak die pad na die GW glibberig, gisteraand het dit gesous en die gevolg is almal gly-gly klas toe.  Gisteraand het ek ‘n movie gaan sien wat my weer lekker laat huil en lag het.  Twee teenoorgesteldes wat soms so naby aan mekaar grens.  Die dosent se stem versmelt saam met die draaiboek van gisteraand se fliek en ek dink terug.  Sy liefdevolle hande het met my hare gespeel en hy’t skelm vir my gekyk as ek lag.  Maar tog weet hy dis te gou, ek kan nie so vinnig in nog ’n verhouding inspring nie.  Dis so lekker om weer uit my maag uit te lag en hy weet hy maak my hart sag.  Sy woorde van begrip en verwondering spoel oor my liggaam wat al solank weer smag na ‘n bietjie vogtigheid.  Sy groen oë neem my seer in ag en hy se hy sal wag maar die ander man wag ook.  Ek’t hard baklei vir die vorige man in my lewe.  Ekt geglo hy baklei vir my ook.  Maar daar het hierdie onvoorspelbare donker gordyn oor hom kom hang en ekt hom gewaarsku, regtig ek het.  Hy was net te flippen hardkoppig om te luister.  Syt toe gewen.  Vir hom was ek die ander vrou.

 

My ma skryf dat dit goed gaan daar.  My boetie was in ‚n fight by die skool en my pa porr hom aan.  Dit laat my glimlag en ek mis my ma se pep talks en my pa se warm drukkies.  Hul het so 6maande terug geemigreer.  Ek weet hul sit brawe gesigte op want ek kan hoor my pa se stem breek as hy met my praat laat middag as als rustig gaan daar.  Hy se hy sal vir my ‘n kar organize en vra heletyd onverskoning dat hy nie hier is nie.  Ekt ‘n sterk pa, my pa is die eintlike man in my lewe.  Maar moet dit liewer nie vir hom se nie, hy sal glote.  Ek weet my pa en broers kry swaar maar ek weet my ma sukkel die meeste.  Sy mis haar sus en haar ma…en haar dogter.  Ekt ‘n sterk ma ook maar sy is soms net so breekbaar.  Nie dat ek dit ooit regtig sien nie.  Sy bly sterk, sy werk lang ure, maak seker my broers is fine en dit terwyl sy die beste vrou is wat ek ken.  Maar syt seer, so aleen saam met 3mans.  Sy is nie die enigste vrou wat sukkel nie.  Ek is die ander vrou.  Ek sukkel, ek maak of ek sterk is maar die seer groei in my. 

 

Dan kyk ek weer in jou groen oë en ek weet.  Jys hier om te bly.  Jy gaan nie net saam die seisoene vertrek nie.  Jy gaan nie my vir ’n ander klimaat veruil nie.  Jys my bladwisselinde boom.  Ek voel weer jou hande in my hare en jou asem in my nek.  “dankie my skat” en ek weet, ek’s nie die ander vrou nie.

 

Die muse gee vir my haar lelie uit haar hare uit aan en glimlag breed toe ek weer aan jou hande dink.  Die heuning drup oor die sleutelbord en haar hare prikkel my neus.  Sy gee vir my ’n slukkie van haar Pinacolada en nooi my vir ’n kaalgat dans op die strand.  Sy weet jy laat weer my vingers juk om te skryf.  Miskien is ek tog nie die ander vrou vir haar nie… nes ek nie die ander vrou vir jou is nie.

→ Leave a CommentKategorië Uncategorized
Tagged: , , ,

Nuwejaarsvoorneme is ‘n klug

Januarie 2, 2009 · 1 Kommentaar

Nuwejaarsvoorneme is ‘n klug. Minder drink, harder werk, harder oefen en meer doen wat  jou gelukkig maak: dis hoe meeste se lysie klink.  Alhoewel ek seker is alle studente se lysie bevat nie minder drink nie. Eintlik bevat my lysie net meer gesond wees.  Maar ai wat praat ek nou oor?  Dis dan ‘n klug.  Ek staan steeds by daai stelling.  Ek moeg om voorneme te maak wat onmoontlik is om te volg.  Ek maak die jaar net een voorneme: om myself eerste gelukkig te maak. 

Dit klink dalk selfsugtig maar 2008 was ‘n hel moeilike jaar vir my.  Die lewe as student was rof, ek’t uitgemis op koshuis dinge omdat hokkie eerste moes kom.  Ek’t hard gewerk, hard geoefen en hard gehuil die jaar.  As negentienjarige kan ek met sekerheid sê die jaar het ek die meeste gehuil as in al die vorige 19.  Ek het op ‘n emosionele rollercoaster gery met baie hoogtepunte maar net soveel grond-toe-blows.  My familie wat geimmigreer het was seker die moeilikste aspek maar die feit dat my 3jaar verhouding sy gat gesien het het ook nie my emosionele welstand verbeter nie.  Die feit is ek’s nou die belangrikste.  Maar ek ken myself, as die mense wat ek voor lief is gelukkig is is ek ook gelukkig.  So hier kom ek.  Ek pak my tanne uit vir 2009 want ek is vanplan om elke nuwe dag te verblind met hul teenwoordigheid. 

Ek gaan doen wat my gelukkig maak en ek weet onomwonde wat dit is.  Goeie hokkie te speel, meer te lees, onafhanklik te wees, lief te hê, saam pelle te kuier en by familie te wees is dinge wat my hart laat glimlag.  Die absolute rustighied net voor die son opkom, die gevoel in jou maag as jy uitsien na iets, die verwesenliking as jy iets beryk waarna jy gestreef het of dit nou is om ‘n spesifieke hokkie game te wen of jou ma se pienk pasta te vervolmaak.  Diè dinge gaan ek na streef om te beleef. 

Ek is uiteraard ‘n positiewe mens.  Dalk irriteer my optimisme jou maar ek gaan 2009 op horings neem.  En aan die einde van 2009 gaan ek lag vir die jaar wat verby is en ek gaan weet ek’s weer Carla want ek lag uit my maag.  Geseënde nuwejaar aan jul almal en mag  jul ook ‘n jaar vol glimlagte, wag nee, ‘n jaar vol maag-krampende-skaterlag hê.  Doen wat jou gelukkig maak!

→ 1 KommentaarKategorië Uncategorized
Tagged: , , , ,